top of page

Skaaprib-of Skaapnekpotjie

Riaan Cruywagen kuier al are in ons sitkamers en voel vir menige Suid-Afrikaners soos 'n ou bekende. Hy deel sy resep vir skaaprib- of skaapnekpotjie met ons!



Laai die resep hier af:

Skaaprib of Skaapnekpotjie
.pdf
Download PDF • 356KB

BESTANDELE:


2 kg skaapribbetjie of skaapnek

250 ml (1 k) koekmeel

2,5 ml (½ +) fyn swartpeper

Aromat

genoeg olie

3 uie, grofgekap

5 ml (1 t) vars knoffel, gekap

genoeg sout

700 g (1 sakkie) klein heel aartappeltjies

275 g (1 pakkie) klein mielies

300 g (1 pakkie) klein worteltjies

350 g (1 pak) groenbone

140 g (1 pakkie) Chinese ertjies in dop (mangetout)

500 g (1 pak) botterskorsie, in blokkies gesny

bietjie kaneelsuiker

125 ml (½ k) sojasous

125 ml. (½ k) goeie rooiwyn


METODE:


1. Meng koekmeel, swartpeper en 10 ml (2 t) Aromat saam in vlak bakkie.

2. Rol vleis in gegeurde koekmeel.

3. Verhit olie in ysterpan. Braai skaapvleis aan albei kante tot bruin. Haal uit.

4. Braai uie en knoffel in dieselfde olie waarin vleis verbruin is.

5. Spuit binnekant van potjie goed met kleefwerende middel en maak potjie redelik warm.

6. Pak skaapvleis sodat dit bodem en wande van potjie bedek. Skep uie en knoffel oor vleis.

7. Pak nou groente in lae op skaapvleis, Sprinkel bietjie sout en Aromat tussen elke groentelaag.

8. Sprinkel klein bietjie kaneelsuiker oor botterskorsies.

9. Giet sojasous en rooiwyn eweredig or alles.

10. Maak potjie toe en moenie oopmaak voor minstens 2 uur verstryk het nie.

11. Sorg dat pot stadig prut (met gas kan jy dit perfek stel).

12. Daar sal later 'n waterseël met lugborreltjies om deksel se rand ontwikkel, dan weet jy pot is mooi op dreef.

13. Toets ná 2 uur met vurk of aartappels sag is. As aartappels deursteek, is hulle gereed.

14. Bedien saam met rys.


Resep gekry in die vrouekeur.



595 views1 comment

Recent Posts

See All
bottom of page